“En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.” (Markus 16:15-20)

Die Gawes van die Heilige Gees seminaar is ‘n verlenging van die Oorwinnaarskursus. Die twee geleenthede vorm ‘n eenheid en daar word sterk aanbeveel dat altwee bygewoon moet word. Neem asseblief kennis dat jy nie toegelaat sal word om Heilige Gees Seminaar by te woon as jy nie reeds die Oorwinnaarskursus bygewoon het nie.