Jesus het gesê: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak”  (Johannes 8: 31, 32)

Die hoofdoel van die Oorwinnaarsnaweek is om jou te help om jou vryheid in Christus te verstaan, te (her)ontdek en opnuut te beleef. Tydens die naweek word jy gehelp om verantwoordelikheid vir jou eie lewe en denkprosesse te aanvaar deur:

  • Jou identiteit in Christus te herontdek
  • Die leuens van Satan (negatiewe gedagtes oor God en jouself) wat jy sover geglo het, te ontbloot en te verwerp
  • Die waarheid te kies soos dit in God se Woord geopenbaar word
  • En om persoonlike en geestelike konflikte (bagasie, vestings, blokkasies, houvas van Satan uit die verlede) te identifiseer en op te klaar.

Jy word gehelp om op jou eie na veral 9 areas in jou lewe te kyk, nl:

  • Valse konsepte oor God
  • Valse godsdienste, kultes en bewegings teenoor die ware Christelike geloof
  • Vrees
  • Die waarheid teenoor misleiding
  • Vergifnis teenoor bitterheid
  • Onderdanigheid teenoor opstandigheid
  • Nederigheid teenoor hoogmoed
  • Vryheid teenoor slawerny
  • Negatiewe geestelike invloed van ons voorouers teenoor die seën van ons voorouers

Die beginsel is: “Wie” ons vrymaak is Jesus Christus; en “wat” ons vryheid bevestig, is ons geloofsgehoorsaamheid aan Hom en aan sy waarheid.