Ds. Stephan Briel

Ds. Stephan Briel is Bergbron se voltydse predikant en spits hom veral toe op God se wil en plan vir die gemeente (Visie, Missie en Strategie). Stephan is veral geroep om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek, omdat Christus hulle vry gemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe, tot eer van God!
Hy het in 1984 gematrikuleer aan Die Hoërskool Brits waarna hy sy diensplig gedoen het (1985 tot 1986). In 1987 het hy ingeskryf as student by die PUK en sy Teologiese studies voltooi einde 1993. In die 7 jaar het hy die graad BA.ThB behaal. Vanaf 1994 tot 1998 het hy by die staande mag van die Weermag as Opleidingsoffisier aangesluit. In 1997 het Stephan met Ilse-Marie in die huwelik getree.

Teen die einde van 1997 het hy besluit om hom beroepbaar te stel, en is hy beroep deur die Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid. Vanaf 1998 tot 2002 was hy predikant van GK  Boksburg-Suid en in hierdie tyd is sy twee dogters, Ariadne (2000) en Elsjevon (2001) gebore. In 2002 is hy beroep na Gereformeerde Gemeente Bergbron.
As gesin hou hulle van kamp en om in die natuur te wees.