Die bediening van die evangelie aan die kind tot en met 11/12 jarige ouderdom, deur (in en vanuit) die kerk of gemeente, tot volle dissipelskap in Jesus Christus.

 

Kinderkerk by Bergbron

Ons is baie opgewonde oor die Kinderkerk wat in 2014 in werking getree het. Die Kinderkerk word gehou parallel met die erediens, waar ons kerk hou op die kind se vlak.

Ons het opgegradeerde, kindervriendlike klaskamers vir elke ontwikkelingsfase. Hier voel kinders welkom en ondervind ook die liefde van Jesus.

Ons program:

08:45 – Kom sĂȘ jy is hier

09:00 – Sing, Bid en leer van Jesus

09:20 – Leer meer oor Jesus in Kleingroepe

10:00 – Afsluiting met Gebed

Die Kernwaardes van Kinderbediening

God-gesentreer
Kind-gesentreer
Verhouding-gebaseer
Onderrig
Integrerend
Kreatief

Ons Mening

By Bergbron Gemeente beoog ons om die evangelie aan die kinders te bedien in elke ontwikkelingsfase.

Die doel is dat die kerklike bediening nie meer deur kinders as ‘n afstotende krag nie maar ‘n aantrekkingskrag ervaar word.
Wanneer geestelike onderrig op die kind se vlak gedoen word, kan die kennis van Gods Woord, die belewing daarvan en ook die uitlewing daarvan soveel meer effektief wees. Met die regte kinderbediening span is ons opgewonde om die kinders te begelei tot volle dissipelskap in Jesus Christus.