‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Ons is ‘n vernuwende omgee gemeente met ‘n visie om genesing en bevryding te bring aan ‘n stukkende en sondegevalle wêreld.
Ons streef na ‘n geloofsvisie of droom om soos volg te lyk:
‘n Bybelgetroue-gemeente waar elke lidmaat, oral en altyd, Geesvervuld vir die Here lewe en Sondae bymekaar kom vir Feestelike aanbidding en toerusting in die suiwer Bybelse leer.
‘n Genesende- en Bevrydende-gemeente waar die kultuur geskep work om as Geesvervulde en toegeruste Christene genesing en bevryding te bring aan mense wat siek is, wat vasgevang is in leuens, sondes en verkeerde gewoontes.
‘n Omgee-gemeente waar Christene sewe dae van die week in daadwerklike liefde met mekaar kontak het en veral in liefdevolle meelewing en diensbaarheid met mekaar handevat in selgroepe en diensgroepe.
Onlangse Artikels
God se Asem tussen die Bladsye #3(Asem IN – Asem UIT)
23 Augistus 2020: God se asem tussen die bladsye. Die tema is Asem in … Asem uit … “Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddelose mense volg,... Lees Meer
God se Asem tussen die Bladsye #2 – Om God se Wil te Google
16 Augistus 2020: God se asem tussen die bladsye. Die tema is Om God se Wil te Google. …sodat hulle God kan soek, in die hoop dat hulle na Hom kan... Lees Meer
God se asem tussen die bladsye. Wanneer God fluister.
Ons het 2 Augustus 2020 met ‘n nuwe reeks begin: God se asem tussen die bladsye. Die eerste tema is Wanneer God fluister. Kyk na die inleidende video. Die Bybel is... Lees Meer
Bergbron Covid-19 Handleiding
Hierdie dokument het ten doel om die gemeentelede van Bergbron Gemeente riglyne te gee en in te lig oor hoe byeenkomste op die kerkterrein hervat sal word. Hierdie is nodig nou dat die... Lees Meer