‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Ons is ‘n vernuwende omgee gemeente met ‘n visie om genesing en bevryding te bring aan ‘n stukkende en sondegevalle wêreld.
Ons streef na ‘n geloofsvisie of droom om soos volg te lyk:
‘n Bybelgetroue-gemeente waar elke lidmaat, oral en altyd, Geesvervuld vir die Here lewe en Sondae bymekaar kom vir Feestelike aanbidding en toerusting in die suiwer Bybelse leer.
‘n Genesende- en Bevrydende-gemeente waar die kultuur geskep work om as Geesvervulde en toegeruste Christene genesing en bevryding te bring aan mense wat siek is, wat vasgevang is in leuens, sondes en verkeerde gewoontes.
‘n Omgee-gemeente waar Christene sewe dae van die week in daadwerklike liefde met mekaar kontak het en veral in liefdevolle meelewing en diensbaarheid met mekaar handevat in selgroepe en diensgroepe.
Onlangse Artikels
‘Stille Week’ 29 Maart tot 6 April 2026
Ons plaas graag die volgende oordenkings oor die laaste lydensweek van die Samuelkerk en De Voorhof. Vertaal deur Ankie de Klerk. ‘Stille Week’ 29 Maart tot 6 April 2026 Die Skrifte is vervul... Lees Meer
Erediens – Sondag 29 Maart 2026
Bergbron gemeente se erediens vir Sondag 29 Maart 2026 sal gehou word by Die Genade Sentrum te 19 Newlands Straat,Newlands ,Johannesburg. Die diens begin 9h00 en word gelei deur Ds. Stepan Briel. Dit... Lees Meer
Lydenstyd – Bybelleesplan
Volgens die kerkkalender is ons aan die begin van Lydenstyd. Wat is Lydenstyd? Dis ‘n seisoen van 46 dae waarin gelowiges onthou wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het ter voorbereiding van... Lees Meer
Die oprig van ‘n gebedsskild – Skole Universiteite
Raising a Prayer Shield – Schools, Universities – Jericho Walls International Prayer Network ’n Kort en praktiese gebedsplan (’n weeklikse roetine) wat jy kan gebruik om te bid vir skole,universiteite en tersiêre instellings.... Lees Meer







