Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 2 November 2025 Stephan Briel

Lees: Eks 17: 8-16. Fokus: Eks 17: 15 (AFR53). Die Here is my banier van oorwinning!  ·       Moses se voorbidding by die Here was bepalend vir die goeie uitslag in die stryd teen die vyand van die verbondsvolk. Daarom bou Moses ‘n altaar … Lees Meer

Sondag 26 Oktober 2025 Lewis Sibanda

Psalm 101:1-3 and 1 Timothy 3:15As my Household, so shall the church be.

Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel

Lees: Eks 17:8-16.  Fokus: Eks 17:11.  Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2).   ·       Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder … Lees Meer

Sondag 28 September 2025 Müller Crauwcamp, FEBA Radio

Pastoor Müller Crauwcamp van FEBA Radio gaan vandag die Woordbediening doen. Lees: Johannes 1: 4 – 5 Lig…

Sondag 21 September 2025, Stephan Briel

Lees: Eks 16:1-4, 13-21 en 17:8-16.  Fokus: Eks 17:11.  Om te lewe deur die geloof is om alles van God te verwag.   ·       Moses is die heuwel op om voorbidding te gaan doen ogv God se beloftes.  ·       Ons kan in die geloof verseker … Lees Meer

Woensdag 17 September 2025, Bemoedeginde Boodskap Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit Eks 33:12-17 met die tema: Die Here se teenwoordigheid bring vrede!

Sondag 14 September 2025 Stephan Briel

Lees: Eks 15:20-27.  Fokus: Eks 15:24-26.  Die Here genees bitterheid.   ·       Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang.  ·       Elke beproewing in die woestyn maak jou bitter of beter.  ·       Soos die bitterheid van die lewe gekom het deur ‘n boom (van kennis van … Lees Meer

Woensdag 10 September 2025, Bemoedeginde Boodskap – Pieter de Klerk

‘n Bemoedigende boodskap uit Matt 5:10-12 deur ouderling Pieter de Klerk.

1 2 3 4 42