Home » preke » Sondag 6 September 2026 – Stephan Briel

Sondag 6 September 2026 – Stephan Briel

posted in: preke

ie Lewende Woord vir Jou: 

Lees: Joh 15:1-17.

Fokus: Joh 15:4,5.

Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus!

• Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme

verhouding met sy kerk lewe.

• Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra.

• Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte of

daad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel.

• Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly!

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

• Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus.

• Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jy

sonder Christus nie “vrugte dra” nie?

• Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?