Home » preke » Sondag 13 September 2026 – Stephan Briel

Sondag 13 September 2026 – Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Joh 15:1-17. 

Fokus: Joh 15:4,5. 

Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2)

·       Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly.

·       Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme of ‘n behoefte aan goedkeuring. 

·       Ons bly in Christus as sy hoofdoelwit van ‘n liefdesverhouding met God, ons lewens dryf.

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap? 

·       Hoe veroorsaak skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme en ‘n behoefte aan goedkeuring dat ons nie in Christus bly nie? 

·       Op watter manier bly jy in Christus? Wat gaan jy prakties doen om in Christus te bly?