Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 2 Kor 4:16-5:10. Fokus: 2 Kor 4:16-18. Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed. · Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16). · Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare … Lees Meer
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 2) · Drie betekenisse van “eerbied” vir mans: · Aanvaarding: ‘n Man begeer dat sy vrou hom sal aanvaar net soos hy is sonder om hom te probeer verander. · Die bewondering … Lees Meer
Lees: Mat 16: 13-28. Fokus: Mat 16: 21-25. Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe. 1. Die inhoud van ons Christusbelydenis. · Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir … Lees Meer
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 1) Drie betekenisse van liefde vir vrouens: · Ek het hoë prioriteit vir my man. Jesus moet eerste kom in sy lewe en daarna ek. · My man moet na my … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Strategie teen die listige aanslae van die duiwel. Raak bewus van twee duidelike vlakke van kommunikasie: · Saaklike-kommunikasie: die onderwerpe van bespreking wat betrekking het op die lewe en ons huwelik. · Verhoudings-kommunikasie: boodskappe wat ons aan mekaar … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. · Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) … Lees Meer