Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Mat 16: 13-28. Fokus: Mat 16: 21-25. Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe. 1. Die inhoud van ons Christusbelydenis. · Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir … Lees Meer
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 1) Drie betekenisse van liefde vir vrouens: · Ek het hoë prioriteit vir my man. Jesus moet eerste kom in sy lewe en daarna ek. · My man moet na my … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Strategie teen die listige aanslae van die duiwel. Raak bewus van twee duidelike vlakke van kommunikasie: · Saaklike-kommunikasie: die onderwerpe van bespreking wat betrekking het op die lewe en ons huwelik. · Verhoudings-kommunikasie: boodskappe wat ons aan mekaar … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. · Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) … Lees Meer
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11,20-23. Fokus: Gen 11:6,7 (AFR53). Eenheid: Vereiste vir God se bonatuurlike werking deur ons. • Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2) hulle het ‘n gesamentlike … Lees Meer
Lees: Spreuke 10: 22-32. Fokus: Spreuke 10: 24. Hoe om op God se spesifieke beloftes te wag. · In ‘n verhouding met God deur Christus, plaas die Heilige Gees baie keer sy wil as ‘n begeerte of droom in ons harte. · Beweeg van … Lees Meer
Lees: 1 Tess 5: 1-11. Fokus: 1 Tess 5: 11. Gesindheid waarmee gelowiges moet wag op Jesus se wederkoms. · Volharding. · Bemoediging van mekaar. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Hoe kan ons met volharding wag op die wederkoms van … Lees Meer