Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.



Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 18 September 2022 Stephan Briel

Lees: Joh 8:1-11. Fokus: Joh 8:10-11. Pasop om ‘n Fariseër te wees! Reëls word belangriker as mense. Jou siening word God se siening. Jou sondes probeer bedek met uiterlike wetsonderhouding. Jesus keur nie die sonde goed nie, maar behou die … Lees Meer

Sondag 11 September 2022 Stephan Briel

Lees: 2 Kor 3:4-11 en 2 Kor 4:1-7 (OAV). Fokus: 2 Kor 4:2. Verwerp die verborge dinge van skaamte deur die waarheid in Christus. God wil ons verander van heerlikheid tot heerlikheid (2 Kor 3:18) maar skaamte staan in die … Lees Meer

Sondag 4 September 2022 Stephan Briel

Lees: Rom 9:30 – 10:4. Fokus: Rom 9:32, 33 (1953 AV). Glo in Jesus Christus teen beskaamdheid. God se manier van regverdiging in Christus het die Jode beskaamd gelaat omdat hulle staat gemaak het op hulle eie wettiese prestasies. Verskil … Lees Meer

Sondag 28 Augustus 2022 Stephan Briel

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid (deel 2). Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot … Lees Meer

Sondag 20 Augustus 2022 Greg Aucamp

Lees: Matt. 28: 16 – 20 Die gesag van Jesus.

Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. As iemand my ontstig en ek aanstoot neem, wil die … Lees Meer

Sondag 7 Augustus 2022 Hendrik van Deventer

Lees: Johannes 1: 1 – 4 Fokus: Johannes 1: 4 In Jesus is daar lewe.

Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel

Lees: Luk 6:37-45. Fokus: Luk 6:45. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. Die toestand van jou … Lees Meer

1 4 5 6 7 8 9 10 32