Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 13 September 2026 – Stephan Briel

Lees: Joh 15:1-17.  Fokus: Joh 15:4,5.  Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2) ·       Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly. ·       Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur … Lees Meer

Sondag 6 September 2026 – Stephan Briel

ie Lewende Woord vir Jou:  Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! • Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme verhouding met sy kerk lewe. … Lees Meer

Sondag 30 Augustus 2026 – Lewis Sibanda

Skriflesing: Eksodus 20: 1-26 Tema: The Bible message today

Sondag 23 Augustus 2026 – Stephanu de Villiers

Skrifdeel: Lukas 8:22-25 Tema: Die pad vanaf vrees na vrede Kerngedagtes: 1. Vrees vir die storm 2. Vrede by Jesus Preekskets Daar is soveel dinge wat vrees in ons harte laat opskiet. Hoe smag ons nie daarna om vrede te … Lees Meer

Sondag 16 Augustus 2026 – Willem van der Waal

Teks: Hand 2:37-47. Hoe lyk dissipelskap?  Dissipelskap beteken om `n leerling en `n volgeling van Jesus te wees en te bly. In Handelinge 2:37 – 47 sien ons iets van hoe dit lyk om Jesus te volg. Dit is soos … Lees Meer

Sondag 9 Augustus 2026 Stephan Briel

Lees: Mat 11: 25 – Mat 12: 8. Fokus: Mat 11: 28-30 (AFR53).  Jesus se rus: Leer by Hom om sagmoedig en nederig van hart te wees.  ·       As my siel nie in God se rus verkeer nie, raak my vlees besig om … Lees Meer

Sondag 2 Augustus 2026 – Stephan Briel

Lees: Mark 1:14-20.  Fokus: Mark 1:17,20.  Dissipelskap is ‘n gawe wat Jesus aanbied, nie iets wat die mens verdien nie.  Jesus het hierdie vissers raakgesien en hulle ‘n kans van ‘n leeftyd gebied toe Hy hulle roep tot dissipelskap. Kenmerkend van dissipelskap … Lees Meer

Sondag 26 Julie 2026 Stephan Briel

Dankbaarheidsdiens Lees: 1 Kor 12:1-11.  Fokus: 1 Kor 12:4-6.  God Drie-enig gee gawes aan sy gemeente.  Vers 6: Bemoedigende gawes van God die Vader (vgl Rom 12:6-8).  Vers 4: Bedieningsgawes van die Gees (vgl 1 Kor 12 en 14).  Vers 5: Leierskapsgawes van die Here … Lees Meer

1 2 3 4 47