Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Gal 5:16-18 en 1 Joh 3:11-17. Fokus: 1 Joh 3:16. Geestelike vorming na die beeld van Jesus Christus. Om geestelik gevorm te word deur die Heilige Gees is die proses om gevorm te word na die beeld van Christus ter wille van … Lees Meer
Lees: Gal 5:13-26 (AFR53). Fokus: Gal 5:16-18. Wandel deur die Gees. · Wandel deur die Gees is nie ongedissiplineerde vryheid nie. · Wandel deur die Gees is nie om onder die wet te wees nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: … Lees Meer
Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2) · Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly. · Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur … Lees Meer
ie Lewende Woord vir Jou: Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! • Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme verhouding met sy kerk lewe. … Lees Meer
Skrifdeel: Lukas 8:22-25 Tema: Die pad vanaf vrees na vrede Kerngedagtes: 1. Vrees vir die storm 2. Vrede by Jesus Preekskets Daar is soveel dinge wat vrees in ons harte laat opskiet. Hoe smag ons nie daarna om vrede te … Lees Meer