Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 10 Mei 2026 Stephan Briel

Lees: 2 Tim 3:1-17.  Fokus: 2 Tim 3:14-17.  Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord. 1.    Die bedrieërs wat jou wil verlei ·       Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en … Lees Meer

Sondag 3 Mei 2026 Stephan Briel

Lees: Mat 6:5-15.  Fokus: Mat 6:12.  Om opreg vergifnis te vra en opreg te vergewe.

Sondag 26 April 2027 Stephan Briel

Lees: Mat 6:5-15 en Heid Kat vr en antw 126.  Fokus: Mat 6:12.  Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.  

Sondag 19 April 2026 Chris Raath

Lees: Psalm 22. Van lyding tot lofprysing en dankbaarheid.

Sondag 12 April 2026 Stephan Briel

Lees: 2 Kor 4:16-5:10. Fokus: 2 Kor 4:16-18.  Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed.  ·       Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16).  ·       Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare … Lees Meer

Sondag 5 April 2026 Stephan Briel – Opstandingssondag

Lees: Joh 21:11-25.  Fokus: Joh 21:15-17.  Dissipelskap word gebou op die liefde van en vir Jesus Christus.  

Sondag 29 Maart 2026, Stephan Briel

Buitelug diens by genadesentrum Lees: Markus 14:26-31, 66-72. Fokus: Markus 14:27-31. Geestelike hoogmoed teenoor ware dissipelskap.

Sondag 15 Maart 2026 Stephan Briel

Lees: Efes 5:21-33.  Fokus: Efes 5:33.  Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 2)  ·       Drie betekenisse van “eerbied” vir mans:  ·       Aanvaarding: ‘n Man begeer dat sy vrou hom sal aanvaar net soos hy is sonder om hom te probeer verander.  ·       Die bewondering … Lees Meer

1 2 3 4 5 6 47