Home » preke » Sondag 24 Mei 2026 – Stephan Briel

Sondag 24 Mei 2026 – Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Hand 1: 1-11. 

Fokus: Hand 1: 8. 

Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. 

·       Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? 

·       In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). 

·       Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in gelowiges (Joh 20: 22). 

·       Na Pinkster bemagtig die Heilige Gees ook gelowiges om getuies te wees (Hand 1:8). 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Hoe was die Heilige Gees in die Ou Testament by God se volk teenwoordig? 

·       Hoe verklaar jy die ontvang van die Heilige Gees in Joh 20: 22? 

·       Wat is die verskil tussen die werk van die Heilige Gees voor en na Pinkster? 

·       Hoe weerstaan ons die bemagtigende werk van die Heilige Gees in ons lewens?