Lees: Kol 3:1-17.
Fokus: Kol 3:13,15-16.
Om opreg te vergewe: Bewaar die woord van Christus in jou hart.
· God werk deur ons denke en daarom is meditering oor sy Woord so belangrik.
· Positiewe emosies soos vrede (v 15) en dankbaarheid (v 15,16) is baie keer die teken dat die woord van Christus ryklik in ons harte woon.
· Die Woord woon eers ryklik in ons as dit ons emosies aangeraak het.
· Ons emosies is die produk van ons gedagtes en daarom sal leuen gedagtes ook emosies produseer wat nie die werklikheid reflekteer nie.
· Moenie aan oortreders die outoriteit gee om jou identiteit en toekoms te bepaal nie.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat is die verskil tussen Oosterse meditasie en Bybelse meditasie?
· Wat is baie keer ‘n goeie maatstaf of die Woord ryklik in ons harte woon?
· Waarom reflekteer ons emosies nie baie keer die werklikheid nie?
· Waarom dui bitterheid baie keer op afgodery?