Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 – 7Fokus: 1 Petrus 2: 7 Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ” Die Here wil … Lees Meer
Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12.Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die … Lees Meer
Lees: Eks 13: 17-22.Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar … Lees Meer
Lees: Eks 15:1-19.Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die … Lees Meer
Lees: Jes 6:1-13.Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die … Lees Meer