Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 2 Kor. 4:5, 1 Pet. 3:18a, 1 Tim. 1:15 Die evangelie – goeie nuus vir sondaars. • Ons het die Goeie Nuus oor Jesus Christus ontvang en geglo. • Wat moet ons nou met dié Goeie Nuus doen? • Eerstens, tussen mekaar … Lees Meer
Lees: 1 Pet 5:1-11. Fokus: 1 Pet 5:7. Hantering van bekommernisse en vrees. · Gebed is die eerste stap. · Die tweede stap is om alle persoonlike of geestelike konflikte wat jy mag hê, op te los. · Die derde stap is om die probleem … Lees Meer
Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die … Lees Meer
Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. · Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met … Lees Meer
Lees: Kol 3:1-17. Fokus: Kol 3:13,15-16. Om opreg te vergewe: Bewaar die woord van Christus in jou hart. · God werk deur ons denke en daarom is meditering oor sy Woord so belangrik. · Positiewe emosies soos vrede (v 15) en dankbaarheid (v 15,16) … Lees Meer