Lees: Gal 5:16-18 en 1 Joh 3:11-17.
Fokus: 1 Joh 3:16.
Geestelike vorming na die beeld van Jesus Christus.
Om geestelik gevorm te word deur die Heilige Gees is die proses om gevorm te word na die beeld van Christus ter wille van ander.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat word bedoel met geestelike vorming?
· Wat is die deurslaggewende toets van geestelike vorming deur die Heilige Gees?
· Wat beteken Christus se liefde en hoe kan ons dit ook bekom?