Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap. Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van … Lees Meer
Lees: Job 2: 1-13. Fokus: Job 2: 4 (AFR53). Satan se leuen: Die lewe op aarde is alles. Die lewe is iets diepers en groter as ervarings self. Satan beskuldig: Die mens sal enigiets gee net om te bly asemhaal want hierdie … Lees Meer
Lees: Job 1: 1-22. Fokus: Job 1: 9-11 (AFR53). Satan se leuen: God word slegs gedien vir wat Hy kan gee. Satan se leuen suggereer: God is in Homself nie waardig om gedien te word nie. Uitstaande kenmerke van Satan (v 6-12): … Lees Meer
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 5 (AFR53). Satan se leuen: Saam met God is daar geen lewensvervulling. Ons denke is die hoofslagveld van ons geestelike stryd en Satan gebruik primêr die leuen om ons denke te beheer. … Lees Meer
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 4. Satan se leuen: God is ‘n leuenaar. Nadat Satan ‘n vastrap plek in Eva se gedagtes gekry het deur die twyfel in haar, beweeg hy nou van bevraagtekening van God tot … Lees Meer
Lees: Daniël 10 Die Geveg Die Bybel is duidelik dat die Christelike lewe ‘n geveg is. As gevolg van die sondeval in die paradys stel God in Gen 3: 15 vyandskap tussen die slang se saad en die vrou se … Lees Meer