Home » Artikels » Algemeen » Gemeente Aktiwiteite

Gemeente Aktiwiteite

posted in: Algemeen, Artikels

Lentetee

Tydens die Gemeente se Lentetee saam met die bejaardes se bybelstudie groep, is daar deur oupas en oumas vir hulle kleinkinders gebid. Daar is ook lekker saam gekuier en verversings geniet.

Besoek by Ons Huis

WiCks (Wenners in Christus kinders ) in samewerking met Bergbron Gemeente  span saam met Dellies  Leiertjies se uitreikspan. Op die 16de September het die kindergebedspan voete gekry na Ons Huis Residentia aftreeoord. Inwoners is met verversings en gebed begroet. Die span het lekker saam met hulle  gekuier.

Dellies Kwartaalafsluiting

WiCks (Wenners in Christus kinders ) in samewerking met Bergbron Gemeente hanteer die kwartaal afsluiting. Uitreikspan: Gerhard en Susan Botha, Celeste Muller, Martie Ackerman en Joan Visser asook Dellies leiertjies.