Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6.Fokus: Gen 2:25, 3:21. God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed. Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook … Lees Meer
Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21. Fokus: Joh 3:1-8. Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo. Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan … Lees Meer
Lees: Psalm 2. Fokus: Psalm 2:4. Die Here lag vir die wêreldmagte. Al raas die volkere ook hoe en al is hulle ook hoe opstandig, God se saak sal bly voortbestaan. Dit is die evangelie van Psalm 2 (vers 4): … Lees Meer