Home » preke » Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel

Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8. 

Tema: Die Heilige Gees as ‘Parakleet’.

Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus.
Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se trooswoorde nie meer regtig hoor nie (v 5).

Die werk van die Gees as Parakleet is om ons oë te open vir die onsigbare werklikhede agter die sigbare dinge wat normaalweg ons ganse wese in beslag neem.

Die Jode het gedink dat deur die kruis Jesus van Nasaret se mag finaal gebreek is. Wat in werklikheid gebeur het, is dat juis in en deur die kruis van Jesus die mag van Satan, hulle owerste, finaal gebreek is.

Die Gees kom van God en weet wat God wil. Hy openbaar aan ons God se volle waarheid oor ons lewens.

Moenie ‘n punt plaas in jou lewe waar God ‘n komma plaas nie.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Beskryf die werk van die Heilige Gees as Parakleet.
Het jy al enige openbaring van die Heilige Gees ontvang in verband met ‘n oënskynlike hopelose situasie? Wat word bedoel met: “Moenie ‘n punt plaas in jou lewe waar God ‘n komma plaas nie.”