Home » preke » Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel

Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15.
Fokus: Kol 2:10 (1953 AV).

Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap).
(Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)

Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende:

  • Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deurrelevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid.
  • Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te kan identifiseer.
  • Emosioneel: vrees gedrewe – verander vrees vir mense en die dood as mense se basiese dryfveer in hulle lewens na die vrees van God as dryfveer.
  • Wil: in rebellie teen God – help mense om die maniere te sien waarop hulle nog steeds God probeer speel en ook op watter maniere hulle in rebellie is teen God se outoriteit.
  • Verhoudings: worstel met verwerping – breek mense se verdedigingsmeganismes teen verwerping af deur hulle te aanvaar. Wys mense dat jy hulle aanvaar deur aan hulle te gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2: 6-10 en wat beteken elkeen?
  • Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
  • Hoe beïnvloed jou identiteit in Christus (kosbare kind van God) jou geestelike, verstandelike, emosionele, wils- en verhoudingsdimensie van lewe?