Home » preke » Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel

Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Heb 12:14-24.
Fokus: Heb 12:15.

Betekenis en gevolge van bitterheid.

  • Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte.
  • As iemand my ontstig en ek aanstoot neem, wil die Here dit gebruik om die toestand van my hart te openbaar.
  • Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery.
  • As ek deur onvergewensgesindheid aan ‘n persoon die reg gee om my waarde en bestemming te bepaal – dan word ek van die genade van God in Jesus Christus afvallig.
  • Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot die posisie van mag en outoriteit in my lewe.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is?
  • Hoekom is verbittering afgodery?
  • Hoe word ek vry van afgodery wat kom deur verbittering?