Home » preke » Sondag 15 November 2020 Stephan Briel

Sondag 15 November 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Luk 11:1-13.
Fokus: Luk 11:2.

Laat U koninkryk kom.

  • Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening.
  • Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is.
  • God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie
  • Deur die intellektualisering van die Christelike geloof en negatiewe houding teenoor tekens en wonders, maak ons baie keer die koninkryk van God ‘n saak van praatjies in die kerk.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mat 4:17)
  • Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God.
  • Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk?
  • Hoe verhinder ons die koms van God se koninkryk?

Video Beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=s3WN64GZoq4