Home » preke » Sondag 16 Februarie 2020 Stephan Briel

Sondag 16 Februarie 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 2 Sam 11:1-27.
Fokus: 2 Sam 11:1-5.

Die verskil tussen wellus en liefde.

  • Drie vorms van liefde wat daar in die Christelike huwelik moet wees: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape).
  • Met eros-liefde kan jy ‘n Godgegewe seksuele begeerte hê vir jou huweliksmaat as die ander twee vorms van liefde ook teenwoordig is. Los van die ander twee vorms van liefde, verander eros-liefde in wellus wat selfgesentreerd is om net jou seksuele behoeftes te bevredig.
  • Volgens God moet die intiemste liggaamlike kontak in geslagsgemeenskap ‘nopenbaring wees van die intiemste geestelike verbintenis.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Verduidelik die volgende soorte liefde: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape).
  • Wat is wellus en hoe vertoon Dawid se optrede duidelike tekens van wellus?
  • Hoe is versoekings van wellus ‘n probleem vir beide mans en vrouens?