Home » preke » Sondag 16 Mei 2021 Stepan Briel

Sondag 16 Mei 2021 Stepan Briel

posted in: preke

Lees: Luk 5:1-11, Luk 22:31-34 en Joh 21:1-14
Fokus: Luk 5:8

Die ver en genadige naby wees van God se koninkryk.

Petrus voel ver van God se koninkryk, maar God se koninkryk is by hom met Jesus in sy visserskuit. Dit is die paradoks van God se koninkryk. God se koninkryk voel baie keer vir ons so ver, terwyl dit so naby is. Ander kere voel God se koninkryk so naby, terwyl dit so ver is. Waar staan jy? Voel jy ook ver van God se koninkryk soos Petrus? Is jy naby of ver van God se koninkryk?

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Verduidelik hoekom Petrus in Luk 5:1-11so ver gevoel het van God se koninkryk, terwyl die koninkryk so naby was.
  • Verduidelik hoekom Petrus in Luk 22:31-34 so naby gevoel het, terwyl hy so ver was van God se koninkryk.
  • Verduidelik hoekom Petrus in Joh 21:1-14 weer so ver gevoel het van God se koninkryk, terwyl die koninkryk so naby was.