Home » preke » Sondag 17 Januarie 2021 Stephan Briel

Sondag 17 Januarie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Sag 3: 1-10.
Fokus: Sag 3: 1-2 (OAV).

Die Here sit Satan op sy plek.

  • Satan kla die hoëpriester Josua aan oor die vuil klere (v 3) wat die sonde van die volk simboliseer.
  • Die Here bestraf Satan (v 2), want sy aanklagte is ongegrond nadat die Here die probleem van die vuil klere opgelos het.
  • God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid, want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos.
  • Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul.
  • Volgens Openbaring 12 is Satan met Jesus se kruisiging uit die hemel gegooi en sit hy nou sy aanklagte voort hier op aarde. Hy en sy bose magte bombardeer ons denke met valse gedagtes van waardeloosheid en veroordeling.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Waarop is Satan se aanklagte teen die hoëpriester Josua gegrond?
  • Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte?
  • Hoe sit Satan sy aanklagte voort hier op aarde na Jesus se kruisiging?
  • Wat is ons verweer teen Satan se aanklagte?

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=pY7HXR4cQgI