Home » preke » Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel

Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Hand 10:34-43.

Fokus: Hand 10:38.

Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam.

Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig.
Petrus gee ‘n samevatting van Jesus se bediening op aarde aan Kornelius en sy mense. Jesus se bediening op aarde was die vervulling van ‘n Ou Testamentiese profesie in Jes 61:1.
Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61:1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde.
Wanneer ‘n persoon gesalf word, kom die HG en gee aan die persoon Goddelike outoriteit en vermoë vir die taak waartoe God hom of haar geroep het.
Ons het nou onder die salwing van die Heilige Gees die outoriteit om gevangenis te bevry en te genees op grond van Jesus se oorwinning.
Die oorlog is gewen en ons deel in Christus se oorwinning en outoriteit oor die duiwel en sy magte!

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Gee ‘n kort samevatting van Jesus se bediening op aarde volgens Hand 10:38.
Wat beteken dit om met die Heilige Gees gesalf te word?
Wat sê Kol 2:13-15 en Heb 2:14,15 aangaande Christus se oorwinning oor die duiwel en watter effek dit behoort te hê op ons lewens?
Is ons outoriteit en mag in Christus slegs ‘n toekomstige posisie wat geen effek op ons lewens vandag het nie?