Home » preke » Sondag 20 Junie 2021 Stephan Briel

Sondag 20 Junie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 1 Sam 17:31-58.
Fokus: 1 Sam 17:36 (OAV).

Ervaringskennis lei tot Verbondsoutoriteit.

  • Saul was eintlik ‘n vreemdeling tov die HERE se verbond alhoewel hy intellektuele kennis van dieverbond gehad het.
  • Dawid het ervaringskennis van die verbond gehad.
  • Dawid reageer nie soos Saul deur te vra: “Wat gaan ons doen?” nie, maar vra eerder: “Wat het God gesê?”
  • Dawid het geweet dat hy eenvoudig net moet opdaag en sy verbondsoutoriteit gebruik om God se kennis en mag in die situasie los te laat.
  • Ervaringskennis stel ons instaat om effektief ons verbonds-outoriteit te gebruik.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat was die verskil tussen Saul en Dawid se kennis van die HERE se verbond?
  • Hoekom reageer Dawid en Saul verskillend op Goliat se uitdaging?
  • Wat verhinder Christene om ervaringskennis op te doen van die verbond?
  • Hoe laat ons God se kennis en mag vry in situasies?