Home » preke » Sondag 21 Februarie 2020 Stephan Briel

Sondag 21 Februarie 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 1 Kor 2:12 – 3:8 (OAV).
Fokus: 1 Kor 2:14 – 3:3.

God herskep ons sodat ons moet lewe volgens die Gees.

1. God se herskeppingswerk in ons lewe.

  • Die natuurlike mens: is geestelik dood en leef totaal in die vlees.
  • Die geestelike mens: is geestelik lewendig en laat hom lei deur die Heilige Gees

2. Lewe volgens die Gees en nie volgens die vlees nie.

  • Die vleeslike mens: is geestelik lewendig maar lewe nog dikwels volgens die vlees.
  • Dit is ons verantwoordelikheid om daagliks vleeslike gewoontes te kruisig en te lewe volgens die Gees.
  • Bedink Geestelike dinge (Rom 8:5,6).
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Gee ‘n beskrywing van die natuurlike-, geestelike- en vleeslike-mens.
    • Wat is die ooreenskomste en verskil tussen die geestelike- en vleeslike-mens?
    • Hoe groei jy van ‘n vleeslike- tot ‘n geestelike-mens? (Rom 8: 5, 6 en Rom 12: 2)

    Video van die hele diens beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=uI73tBtNKqc