Home » preke » Sondag 21 Maart 2021 Stephan Briel

Sondag 21 Maart 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Psalm 135.
Fokus: Psalm 135:5-7.

Die Here is soewerein.

  • Psalm 135 is ‘n loflied wat blykbaar by een van die groot feeste by die tempel voorgedra is.
  • In hierdie Psalm word die Here nie geloof omdat Hy in beheer is nie, maar omdat Hy vrymagtig of soewerein is.

1. Regering deur die uitoefening van beheer:

  • Beheer misken die wil en keuses van ander en erken slegs die wil van die een wat die beheer uitoefen.

2. Regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit:

  • Soewereine outoriteit impliseer absolute eienaarskap oor die wat regeer word, maar erken wel die wil en keuses van mense.
  • Die Here gebruik sy soewereine outoriteit en krag om redding vir ons te bring en goed te doen (v8 ev).

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Kan ons God kwalik neem vir alles wat op aarde gebeur omdat Hy in beheer is?
  • Wat is die verskil tussen regering deur die uitoefening van beheer, en regering deur die uitoefening van soewereine outoriteit?
  • Wat is die verskil tussen “mag” en “outoriteit”?
  • Wat behels God se regering deur die uitoefening van sy soewereine outoriteit?