Home » preke » Sondag 24 Januarie 2021 Stephan Briel

Sondag 24 Januarie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Sag 4:1-14.
Fokus: Sag 4:6,7.

‘n Lewe wat berge kan versit.

  • As jy op die berg (hindernisse) en jou menslike vermoëns fokus, word jy selfgesentreerd en twyfel.
  • Die Heilige Gees laat jou op God almagtig fokus wat in jou geloof werk wat berge kan versit.
  • Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg (hindernisse) en jou eie mag en krag nie.
  • Die wonderwerkende geloof van die Heilige Gees is die aansporing om hard te werk en die eerste tree te neem in gehoorsaamheid.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou lewe fokus?
  • Vul in: As ons op God en sy eienskappe fokus en ons geloof groei, dan sal ons gebede ook al hoe meer en meer in ……………. met God se wil wees – en dan sal Hy ons gebede …………
  • Gee ‘n voorbeeld hoe jou geloof gegroei het toe jy op God begin fokus en nie op jou probleme nie.
  • Gee ‘n voorbeeld hoe God jou geloof versterk het toe jy die eerste tree in gehoorsaamheid geneem het.