Home » preke » Sondag 27 Junie 2021 Stephan Briel

Sondag 27 Junie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Joh 20:19-25.
Fokus: Joh 20:21.

Gelowiges is ambassadeurs van Christus.

1. Hoe het ons ambassadeurs geword?

  • Hierdie vrede in vers 21 dui op die beginpunt van ‘n nuwe lewensorde: Die oorwinning is behaal,
    die prys is betaal, die dood en sy magte is oorwin.
  • Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in God se kinders (v 22) en
    bemagtig ons as ambassadeurs.

2. Die eise van ambassadeurskap.

  • Christus stuur ons uit in die wêreld as sy ambassadeurs om sy Koninkryksbeleid te proklameer en
    so sy krag en heerskappy op aarde vry te laat.
  • Om dit te doen, moet ons ophou om soos toeriste te dink maar soos ambassadeurs.
  • ‘n Ambassadeur handhaaf kontak en kommunikasie met sy regeringshoofkwartier.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat beteken die “vrede vir julle” in vers 21?
  • Wat is die verskil tussen ‘n ambassadeur en ‘n toeris?
  • Wat beteken dit dat ons ambassadeurs van God se koninkryk op aarde is?