Home » preke » Sondag 3 Oktober 2021 Stephan Briel

Sondag 3 Oktober 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Matt 8:14-17.
Fokus: Matt 8:16,17.

Jesus het ons lyding op Hom geneem en ons siektes gedra.

  • Jesus het met sy koms na die aarde nie net geestelik versoening kom doen vir ons sondes nie, maar ook die fisiese implikasies van die sonde op Homself geneem.
  • “Ek is die HERE wat jou gesond maak” – Jahweh Rapha (Eks 15:26).
  • Die inhoud van Jesus se prediking: Die Koninkryk het naby gekom.
  • “Genadegawes van gesondmaking deur die een Gees” (1 Kor 12:9) – want Jesus het ons lyding opHom geneem en ons siektes gedra.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat beteken die volgende vir jou: “Hy het ons lyding (krankhede) op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra” (Mat 8:17)?
  • Watter implikasie het Jesus se boodskap dat die Koninkryk het naby gekom op genesing van siekes?
  • Het jy al die Heilige Gees se “genadegawes van gesondmaking” beleef?