Home » preke » Sondag 31 Januarie 2021 Stephan Briel

Sondag 31 Januarie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Kol 2:6-15.
Fokus: Kol 2:6-10 (OAV).

Bergbron visie: Dissipelskap begin by die verstaan en glo wie jy alreeds is in Christus.

  • Drie vlakke van dissipelskap: Vlak 1 identiteit in Christus (vers 10); vlak 2 groei in Christus (vers 7); vlak 3 wandel in Christus (vers 6).
  • Ons dink baie keer dat as ons mense se dade verander, ons hulle lewens kan verander. Dit is ‘n leuen want jou identiteit (wie jy is) bepaal wat jy doen en nie andersom nie.
  • Christus het jou weer ‘n heel en vol persoon gemaak deur sy versoening aan die kruis. In Christus is jy weer kind van God wat in ‘n noue verhouding met God staan soos in die paradys.
  • Moenie toelaat dat Satan se aanklagte op wat jy doen, invloed uitoefen op jou siening van wie jy is nie. Jy misluk – so jy sien jouself as ‘n mislukking en dit veroorsaak dat jy net meer misluk.
  • Laat jou identiteit in Christus(jy is ‘n beelddraer en kind van God) bepaal wat jy doen!

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen?
  • Wat is die behoefte van elke vlak van dissipelskap om te kan beweeg na die volgende vlak?
  • Word jou identiteit (wie jy is) bepaal deur wat jy doen, of word wat jy doen bepaal deur wie jy is?
  • Wat beteken: “en julle het die volheid in Hom” (vers 10)?