Home » preke » Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel

Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Luk 6:37-45.
Fokus: Luk 6:45.

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

  • Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte.
  • Die toestand van jou hart bepaal jou woorde en dade – jou lewe.
  • Negatiewe emosies is pyn in jou hart wat wys dat iets verkeerd is.
  • Spoor die oorsprong van jou negatiewe emosies in jou hart op onder leiding van dieHeilige Gees.
  • Vervang die leuens van Satan met die waarheid in Christus (Joh 8:32,36).

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:,/p.

  • Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is?
  • Hoe moet jy negatiewe emosies hanteer?
  • Wat is gewoonlik die oorsprong van negatiewe emosies?
  • Hoe kom jy vry van negatiewe emosies en gewoonte sondes?