Home » preke » Sondag 4 Oktober 2020 Stephan Briel

Sondag 4 Oktober 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Psalm 125.

Fokus: Psalm 125:1,2.

God is by ons met sy beskerming en oorwinning!

Te midde van al die onsekerhede wat môre en oormôre vir ons inhou, dra ons dié één groot sekerheid met ons saam: God is met ons. Hy beskerm ons van alle kante net soos daar berge rondom Jerusalem is. Hy gee ons ook die oorwinning in sy Seun, Jesus Christus. En Hy is dag vir dag by ons in en deur sy Heilige Gees. As ons maar net vir elke dag op Hom vertrou, sal ons wees soos die Sionsberg wat nie wankel nie.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Verduidelik die vergelyking: “Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd” (v2).
  • Waarteen beskerm die Here ons volgens Psalm 125?
  • Verduidelik die beeldspraak: “Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan” (v 1).

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=7XhJQOzOFs0