Home » preke » Sondag 7 Junie 2020 Stephan Briel

Sondag 7 Junie 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 1 Kor 12:1-11.
Fokus: 1 Kor 12:1.

Wees ingelig oor die gawes van die Heilige Gees.

  • Paulus vermaan ons om oor die gawes van die Gees nie onkundig te wees nie (v 1), en dan noem hy reeds voorbeelde van gawes wat vandag vir ons vreemd is en met groot agterdog bejeën word (v 8-10).
  • Onkunde oor die gawes van die Gees vanweë ‘n Streepteologie waarin geleerdes van die standpunt uitgegaan het dat sekere gawes van die Gees nie meer in die moderne tyd voorkom nie. Sekere gawes was nodig om die fondament van die kerk te lê.
  • Die Bybel gee nêrens ‘n aanduiding dat sekere genadegawes opgehou het om te funksioneer nie. Waaroor die Bybel wel uitgesproke is, is oor die werklikheid van die verskillende gawes wat die sleutel vir ‘n kragtige en vrugbare geestelike lewe is.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Waarom bestaan daar soveel onkunde onder lidmate oor veral die besondere gawes wat Paulus in 1 Kor 12: 8-10 noem?
  • Wat word bedoel met ‘n streepteologie? Is dit reg of verkeerd?
  • Kan jy getuig van God se bonatuurlike werking (gawes van die Gees) in en deur jou?

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=3U7bOMgaW7M