Home » preke » Sondag 8 November 2020 Stephan Briel

Sondag 8 November 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 1 Joh 2:7-17.

Fokus: 1 Joh 2:13b en 14b.

Ontgroei jou kinderskoene deur die Bose te oorwin.

  • Niemand het die “delete” knoppie in ons geheue gedruk met ons wedergeboorte nie.
  • As Johannes twee keer verwys na die jongmense wat “die Bose oorwin het”, dan verwys hy hoofsaaklik na die vestings van die Bose wat in hulle lewens vernietig is.
  • Die term vesting word gebruik om ‘n Christen met ‘n innerlike toestand waar Satan steeds beheer uitoefen, te beskryf.
  • As ons aanhou om toe te gee aan ‘n versoeking, sal ons ‘n gewoonte vorm binne 6 weke. As ons met die gewoonte aanhou, sal ‘n vesting ontwikkel in ons denke.
  • Minderwaardigheid, agressie (woedebuie), manipulasie, ens – is alles voorbeelde van vestings wat in ons denke opgerig is.
  • Paulus gee vir ons die wapens waarmee ons vestings kan vernietig in 2 Kor 10 vers 4 en 5: Herprogrammeer eerstens jou denke deur dit te vul met God se Woord. Neem tweedens elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat bedoel Johannes as hy geestelike jongmense identifiseer as gelowiges wat “die Bose oorwin het” (v 13 en 14)?
  • Hoe gebruik Satan versoekings om vestings op te rig in ons denke?
  • Wat is vestings van die Bose?
  • Watter vestings van die Bose bestaan in jou lewe?
  • Hoe kan ons vestings in ons denke vernietig volgens 2 Kor 10:4,5?