Lees: Gen 5: 1-24.
Fokus: Gen 5: 24 (AFR53).
Wandel met God.
- Hoe het Henog met God gewandel deur Hom te behaag (vgl Heb 11: 5)?
- Drie algemene maniere waarop mense probeer om God te behaag: dade, aanbidding en godsdiens.
- Daar is net een manier om God te behaag: geloof (Heb 11: 5-6).
- Die vorm en betekenis van die werkwoord wandel (v 24) in die Hebreeus, dui op ‘n ware gelowige wat voortdurend God se leiding volg in alles wat hy doen.
- Ons is almal so naby aan God soos ons self wil wees want die voorhangsel is middeldeur geskeur en ons kan almal kom in die teenwoordigheid van God deur die bloed van Jesus.
- Henog was die eerste gelowige wat in die Bybel geprofeteer het (Judas 14).
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Wat moet eendag op jou grafsteen staan en waarom?
- Wat is die sleutel tot ‘n lewe van wandel met God? (Heb 11: 5, 6)
- Watter rol speel dinge soos goeie dade en aanbidding in jou wandel met God?
- Wat is ‘n vereiste om te kan profeteer?