
Persoonlike gebed: Here Jesus Christus, Seun van God, laat die lig van u Gees in my gedagtes en my hart skyn sodat ek U weer in u Woord kan sien. Wanneer ek nadink oor Bergbron geloofsfamilie, mag ek aangegryp word deur u groot genade en goedheid, en my vertroue in U stel.
Inleiding: Ons Kerk-gebedskild geleen by JWIPN
Terwyl ‘n geestelike stryd agter die skerms in die wêreld vandag woed, staar die Kerk en diegene wat dit lei of dien, meedoënlose uitdagings in die gesig. Van aanvalle op gesinne tot teenkanting teen sendelinge in die buiteland, en ampte in die gemeente, was die behoefte aan doelbewuste, gerigte gebed nog nooit groter nie. Of ek en jy nou deel is van ’n voorbiddingspan is of bloot iemand wat aangespoor word om te bid, hierdie sewe-dae gebedsplanne sal ons help om Bergbron Gemeente en sy uitreike met gefokusde gebed te bedek.
Maandag: Bid vir goddelike beskerming oor Bergbron teen elke vorm van geestelike aanvalle, insluitend verdeeldheid en misleiding.
Dinsdag: Dominee en Kerkleiers: Dra dominee Stephan, kerkraad en bedieningsleiers by die naam op in gebed. Bid vir goddelike wysheid, vra God om hulle huwelik en gesin te beskerm en hulle harte sag voor Hom te hou.
Woensdag: Lofprysingspan Bid dat aanbiddingsleiers en bedieningspanne vanuit ‘n plek van diep intimiteit met die Here, sal lei. Vra vir hulle geestelike beskerming..
Donderdag: Geestelike groei van die Gemeente – Bid spesifiek vir die beskerming en genesing van huwelike en gesinne, en vir versoening en die oplossing van ou meningsverskille.
Vrydag: Uitreik en gemeenskapsimpak. Vra God om deure oop te maak vir die Gemeente om die verlorenes en lydendes in die gemeenskap te bereik.
Saterdag: Eenheid en liefde binne die Kerk – Poging om die eenheid van die Gees te bewaar in die band van vrede. – Efesiërs 4:3.
Sondag: Herlewing en die heerlikheid van God Vra dat God se heerlikheid op Sy mense sal rus op ‘n manier wat ander na Hom toe trek..
Slot: Die kerk is God se instrument van lig in ’n donker wêreld. Voorbidding bou ’n beskermende skild rondom elke bediening. My en jou gebede maak saak—saam versterk ons die Gemeente om vas te staan, verder te reik en God oor geslagte te verheerlik. L.W. gebedspunte bly nie staties nie en verander weekliks met nuwe gebedsinligting.
Gebruik die skakel oor die saamstel en toepassing van ’n gebedskild ter inligting: https://jwipn.com/wp-content/uploads/2025/09/Raising-a-prayer-shield-complete.pdf