
Inleiding: In die vorige artikel het ons gesien wat ’n gebedsskild is en waarom dit noodsaaklik is. Nou leer ons hoe om so ’n skild oor ons familie en gemeenskap op te rig. Job se daaglikse gebede het ’n geestelike heining van beskerming rondom sy huis geskep, en dieselfde is vandag moontlik. Dit vra nie perfekte woorde nie, maar konsekwente, doelbewuste gebeden huisgodsdiens met geloof. Wanneer jy jou familie daagliks huisgodsdiens hou rig Hy ’n onsigbare maar kragtige beskerming om die gesin. God se plan, van die begin af, was die huisgesin as die plek om soos Job te bid. Dit is ’n daad van liefde en een van die sterkste maniere om jou geliefdes te bewaar. Om soos Job te bid, huisgodsdiens gereeld te beoefen is een van die kragtigste maniere om jou familie lief te hê. So, hoe bid jy?
Daaglikse Gebed en Geestelike Bedekking vir Jou Gesin
Daaglikse Gebed en Voorbidding Bid konsekwent daagliks vir elke familielid by die naam. Fokus op hul fisiese beskerming, emosionele stabiliteit, gesondheid, en geestelike behoeftes. Bid dat hulle groei in hul verhouding met die Here, sy liefde ervaar, sy roeping verstaan en hul geestelike gawes ontwikkel.
Verklaar God se Beloftes Spreek Bybelverse oor jou familie uit, bv. Psalm 91 (beskerming) en Jesaja 54:17 (oorwinning). Bid oor spesifieke woorde wat God vir jou gesin gegee het. Bid dat jou kinders se gawes daagliks groei en dat jou gade deurbraak ervaar in werk of uitdagings.
Salwing van Jou Huis Salf jou huis en deurposte as ’n uiterlike teken van geloof. Die olie self het geen krag nie; dit is ’n simbool van jou geloof in God se beskerming. Fokus op die Here as jou Beskermer, nie op vrees of die duiwel nie. Bid dat God sy beskerming uitstrek oor almal wat jou huis binnegaan en verlaat.
Eenheid in Gebed Indien moontlik, versamel jou gesin vir saamgebed. Waar twee of meer saamstem in gebed, is Jesus teenwoordig (Matteus 18:20). Indien gesinsgebed nog nie moontlik is nie, bid individueel en vertrou die Here vir ’n tyd van gesinsgebed.
Vas en Dieper Voorbidding Sit tye opsy om te vas en bid vir deurbrake en goddelike ingryping. Fokus op familielede wat deur siekte, rebellie, misleiding of verslawing gaan. Voorbeeld: ’n familie wat 40 dae vas en bid het, het ’n jong dame se deurbraak beleef wat haar tot voltydse bediening gelei het.
Geestelike Bewaking van Jou Huis Wees waaksaam oor wat jou huis binnekom, bv. media- invloede. Skep ’n atmosfeer van aanbidding deur musiek en gebed. Nooi ander om saam te bid en versterk die geestelike atmosfeer van jou huis.
Video vir die dieper delwers: https://youtu.be/RAg1ny2el-M