Home » preke » Sondag 14 November 2011 Stephan Briel

Sondag 14 November 2011 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Mat 6:24-34 en Spreuke 28:18-22. Fokus: Spreuke 28:20.

‘n Betroubare man is baie voorspoedig.

  • Die Spreukeskrywer (28:20) beskryf ‘n persoon wat deur ‘n gees van Mammon beheer word, as volg: “Een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.”
  • Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10).
  • Mammon (liefde vir geld) probeer ons byvoorbeeld wysmaak dat die hoeveelheid geld wat menshet, die graad van jou geluk bepaal.
  • Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (vgl Mat6:26).
  • Mossie-geloof: God sal uit genade en liefde die nodige middele voorsien om sy visie vir jou (jouskeppingsdoel) te bereik.
  • As mense betroubaar is met wat God hulle gee (uitleef van skeppingsdoel), is hulle voorspoedig engeseënd (Spreuke 28:20a).
  • Geld volg gewoonlik visie.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Gee ‘n beskrywing van iemand wat beheer word deur ‘n gees van Mammon.
  • Wat word bedoel met “Mossie-geloof”?
  • Wat is die bepalende faktor vir God se voorsiening in ons behoeftes?
  • Beskryf “’n Betroubare man” in Spreuke 28:20.