Home » preke » Sondag 15 Maart 2020 Stephan Briel

Sondag 15 Maart 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jak 4:1-10 en Rom 7:15-25.
Fokus: Jak 4:7.

Bevryding van sondige gewoontes deur jouself aan God te onderwerp. Belydenis van sondes en vergifnis is die eerste stap om jouself onder die beheer van God te bring. Dit is ook waar die meeste van ons stop, maar dit is nie al nie. Om net met God saam te stem dat wat jy doen is verkeerd, los nie jou verslawing aan ‘n spesifieke sonde op nie. Jy het jou sonde voor God bely en jy glo dat God jou vergewe twv sy Seun Jesus Christus, maar jy is nog steeds soos ‘n slaaf gebonde aan ‘n gewoonte sonde. Jy moet verder gaan en jou lewe onder God se beheer bring deur die sondige gewoonte te verwerp en jouself te verbind aan God se waarheid vir jou lewe in Christus.