Home » preke » Sondag 16 Augustus 2020 Stephan Briel

Sondag 16 Augustus 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Ef 6:10-20.
Fokus: Ef 6:11,12.

Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus.

  • Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) goeie kommunikasiesisteem hê, (4) en gesamentlike doel moet volgens God se wil wees – dan sal niks onmoontlik wees wat ons van plan is om te doen nie (Gen 11:6,7).
  • Die duiwel het verskillende metodes (methodeia) om die kommunikasie tussen gelowiges te ontwrig wat veroorsaak dat hulle uitmekaar spat.
  • Metodes van die duiwel: a. Laat ons dink mense is ons vyand. b. Gebruik ons om aan mekaar boodskappe te stuur dat jy waardeloos, ‘n nikswerd, ‘n mislukking, ‘n fout, ens is.
  • Elke dag antwoord ons die vrae: Wie is ek en wie is ander mense? Die duiwel wil graag hierdie vrae vir jou beantwoord en hy sal altyd ‘n boodskap oordra dat jy of ander mense is waardeloos, mislukkings, nikswerd, onbelangrik, ens.
  • God sê vir jou as jy glo in Jesus Christus: Jy is vir My kosbaar, so kosbaar soos die lewe van My Seun, Ek is lief vir jou, Ek gee vir jou om, jy kan nooit ‘n mislukking wees nie want My Seun se kruisoffer was nie ‘n mislukking toe Hy vir jou betaal het nie. Staan op die waarheid in Christus!

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat ontbreek in ons gemeente, jou selgroep, jou gesin, jou huwelik, om suksesvol te kan funksioneer?
  • Op watter maniere het die duiwel al die kommunikasie tussen jou en medegelowiges ontwrig wat veroorsaak het dat julle uitmekaar gespat het?
  • Hoe het die duiwel jou al gebruik om die identiteit van ‘n medegelowige aan te tas? Hoe het jy al toegelaat dat die duiwel jou identiteit aantas?
  • Wat is ons wapen wanneer die duiwel ons identiteit probeer bepaal?

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=CGk1cxswPts