Home » preke » Sondag 23 Augustus 2020 Stephan Briel

Sondag 23 Augustus 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 2 Tim 3:1-17.
Fokus: 2 Tim 3:14-17.

Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord.

  1. Die bedrieërs wat jou wil verlei
    Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste.
    Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier.
  2. God roep jou om te lewe uit sy Woord
    Ons het 2 wapens teen die bedrieërs: Die Bybel en die onderrig van betroubare leermeesters.
    Kenmerke van ‘n betroubare leermeester: (1) Woord is sentraal, (2) lewe en prediking is gerig op God, (3) lewe en prediking is Geesvervuld.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

Kry jy te doen met ‘n vermenging van godsdienste? Verduidelik Gee die beskrywing van ‘n betroubare leermeester.
Hoe kan jy vervul word met die Heilige Gees?