Home » preke » Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel

Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Mat 25: 14-30. 

Fokus: Mat 25: 23-25. 

Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2). 

Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende: 

  • God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons toevertrou het. 
  • Rentmeesterskap behels ‘n sin van dringendheid. 
  • Kan ons funksioneer vanuit die vryheid van God se vertroue in ons en nie vanuit die vrees vir mislukking nie. 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Is rentmeesterskap gelyk aan kerklikebydraes? Verduidelik. 
  • Wat is die verskil tussen ‘n bydra lewer en betrokke wees? 
  • Lewe jy om nie te misluk nie; of lewe jy om te oorwin? Verduidelik die verskil?