Home » preke » Sondag 17 Oktober 2021 Stephan Briel

Sondag 17 Oktober 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Joh 5:41-47.
Fokus: Joh 5:44.

Soek die eer wat van die enigste God af kom.

  • Omdat die Jode en hulle geestelike leiers die eer van mense gesoek het, was hulle nie instaat om te sien wat God besig was om voor hulle oë te doen nie – die grootste en kragtigste optrede van God in die wêreld se geskiedenis!
  • Om die eer en goedkeuring van God te soek, beteken eerstens om Jesus in die geloof te aanvaar as God se beloofde Messias.
  • Tweedens, die begeerte na goedkeuring en eer van mense verhoed en verbreek intimiteit met God en sal ons nie die leiding van die Heilige Gees ervaar nie.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat is die implikasie van Jesus se woorde dat Hy saam met die Vader werk (Joh 5:17) nadat Hy ‘n man op die sabbatdag genees het?
  • Verduidelik die rede vir die ongeloof van die Jode en hulle geestelike leiers.
  • Wat is die enigste weg om die eer en goedkeuring van God die Vader te ontvang?
  • Wat is die gevolge van ‘n begeerte na goedkeuring en eer van mense? Bespreek ook praktiesevoorbeelde in die kerk.