Home » preke » Sondag 18 Oktober 2020 Stephan Briel

Sondag 18 Oktober 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: 2 Kor 5: 11-21 (OAV).

Fokus: 2 Kor 5: 18.

As gelowige is ek ‘n bedienaar van die versoening in Christus.

1. “Is jy met God versoen?”

  • Dit is nie ‘n vraag: of jy godsdienstig is, of jy meen dat jy al genoeg gedoen het om met God versoen te wees, of God met ons versoen is – want Hy is! Dit is juis die evangelie!
  • Die hart van die versoening is reeds “dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie…”
  • Dit is ‘n vraag: het jy geloofsversekerdheid, herken jy die lydende Jesus deur die geloof as die Messias, die Middelaar, vir jou? Ervaar jy die vreugde, die vrede, die diepe dankbaarheid van die versoening met God deur Christus?

2. Ons bediening van die versoening.

  • Ons mag nie ons rug op mense draai vanweë hulle sondes nie, want God het nie sy rug op ons gedraai nie. Hy het wel sy rug gedraai op sy eie Seun in ons mense se plek en ons sondes op Hom laat neerkom.
  • Om net aandag te gee aan ‘n persoon se sondes, is om aan slegs simptome aandag te gee. Die oorsprong van die probleem is die skeiding met God.
  • As ons tog maar die goeie in mense kan raaksien, nie net die slegte nie – dan sal ons baie meer effektief wees in ons bediening van die versoening.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat beteken dit om met God versoen te wees deur Christus? Wat is die regte emosie of ervaring as jy met God versoen is?
  • Wat is die hart van die versoening met God? (vers 19)
  • Wat is die rede waarom baie kerkmense nie die versoening met God aanvaar wat Hy bewerk het nie?
  • Waarvan is sondes „n simptoom? Hoe spreek „n mens die oorsprong van die probleem aan?
  • Hoe kan ons prakties meer effektief wees in ons bediening van die versoening?