Home » preke » Sondag 25 Oktober 2020 Stephan Briel

Sondag 25 Oktober 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Kol 4:2-6.
Fokus: Kol 4:2-4.

Bid dat God ‘n deur vir die Woord oopmaak.

Paulus het ontdek dat al sy kennis en agtergrond nie voldoende is om die geheimenis van die woord te ontsluit nie. Dit is net God self wat die geheimenis van die woord aan mense bekend kan maak. Die enigste sleutel wat daar is om die deur oop te maak, is gebed. Sy eie persoonlike gebed dat God die deur vir hom sal oopmaak, is vanselfsprekend nodig, maar hy vra en pleit by die gemeente dat hulle saam met hom moet bid dat God die deur van en vir die woord sal oopmaak. Dit is asof hy vra dat die hele gemeente saam met hom sal bid, aan die deur sal klop, na God sal roep en vra om die deur oop te sluit.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat beteken die uitdrukking ’n toe deur vir jou?
  • In watter twee opsigte moet God ‘n deur vir die woord oopmaak?
  • Wat is die verskil tussen ‘n raaisel en ‘n geheim?
  • Wat word bedoel met “die geheimenis van Christus”?